Bank Overview

We combine excellent personal service with innovative financial solutions to assist businesses and individuals to bank the way they want, where they want and when they want.

Capital Overview

We provide capital and create tailored solutions to support your business growth, whether you need an equity partner, property investor or a sophisticated corporate financier.

Wealth Overview

Since 1890 we have provided tailored global and local investment offerings to private and institutional clients.

Search

Aangepaste Begroting Webinaar

U word hiermee uitgenooi na ‘n webinaar waartydens ‘n paneel van kundiges die COVID-19 aangepaste Begroting uit ‘n ekonomiese en beleggingsoogpunt sal ontleed. Tydens die paneelgesprek sal die uitdagings wat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die gesig staar bespreek word, sowel as die prioriteite en moontlike oplossings wat die regering moet oorweeg om hierdie uitdagings aan te spreek. Fokus sal ook geplaas word op die implikasies wat die Begroting vir plaaslike besighede en individuele beleggers mag inhou.

Datum 

Donderdag, 25 Junie 2020

Tyd

13:00 - 14:00

Paneel

Theo Vorster

Hoof Uitvoerende Beampte, Galileo Capital

Theo Vorster was in 2004 ‘n mede-stigter en is steeds die Uitvoerende Hoof van die finansiële dienste maatskappy Galileo Capital. Hy het ‘n Regsgraad van die Universiteit van Pretoria verwerf gevolg deur ‘n Honneurs in Beleggingsbestuur aan die destydse RAU. Theo is aanbieder van die “Sakegesprek met Theo Vorster” program op kykNET.

Ettienne le Roux

Hoof Ekonoom, RMB

Ettienne is reeds 23 jaar werksaam as ekonoom by Rand Aksepbank. In 2009 is hy aangestel as Hoof ekonoom, ‘n posisie wat hy tans steeds beklee. Hy het ‘n Meestersgraad in Ekonomie van die Potchefstroomse Universiteit. Ettienne is ‘n bekende in media sirkels en skryf gereeld opinie stukke vir die besigheids pers.

Johan Gouws

Hoof van Advies, Sasfin Wealth

Johan het 26 jaar ervaring in die finansiële dienste industrie en het gedurence hierdie tyd onder andere in die rol van Hoof van Absa Multi-Batebestuur en Hoof van Absa Batekonsultante opgetree. Hy is tans die Hoof van Advies by Sasfin Wealth waar daar beleggings- en finansiële advies aan aftreefondse en private kliënte gegee word. Johan het ‘n Honneurs in Beleggingsbestuur van RAU, ‘n MBA van Wits Besigheidskool en ‘n Diploma in Finansiële Beplanning van die Universiteit van die Vrystaat.

Om deel te neem aan die webinaar, verskaf asseblief die besonderhede hieronder en ons sal die skakel na die geleentheid aan u stuur:

Contact Us

OF

As u die webinaar in u kalender wil stoor, klik op die skakel hieronder.

Voeg by kalender

  Call me back

Call me back

Complete the details below and one of our experienced advisors will gladly assist you.